Santa Vorster - Die Swerwerskind
Cover
thumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnailthumbnail

LINER NOTES

 

Jong talent is altyd op die uitkyk vir 'n ideale geleentheid om bekendheid te verwerf—en talent word nie deur ouderdom beperk nie. Daarom het Santa Vorster—'n skrale 10 jaar oud—'n paar jaar gelede daarin geslaag om die kalklig te betree toe sy aan 'n landwye talentwedstryd deelgeneem het. Dis maar selde dat sangers jonger is. Maar Charles Jacobie, Suid-Afrika se beroemde vertolker van volkmusiek, het dadelik haar moontlikhede as 'n puik sangeres van volksliedjies ingesien en sonder versuim met haar opleiding begin. Hy is nog besig met haar opleiding en Santa leer steeds met groot toewyding van haar bekwame meester. Maar Santa het reeds 'n benydenswaardige reputasie verwerf en haar kring van bewonderaars groei vinnig aan, danksy die trefferopnames wat sy in die musiekwereld ingestuur het.

Hoe slaag 'n 12-jarige skooldogter van Vereeniging daarin om die skitterende musiekerfenis van Nashville, Tennessee te neem en op 'n intieme, persoonlike wyse te vertolk? Moontlik is dit die heerlike geheim van talent. Wat ook al u antwoord op hierdie vraag mag wees, daar bestaan nie die minste twyfel dat Santa Vorster, Suid-Afrika se eie jodel prinsessie, beide splinternuwe nommers en gunstelinge uit vervloeë jare in 'n lewendige en aansteeklike styl kan vertolk nie.

Die klinkende bewyse is vasgelê in hierdie 12 nommers. Haar aanbieding is skitterend, jeugdig en vol belofte. Neem 'n verbeeldingsreis met die kronkelpaadjie deur die heuwels van Tennessee en met die rivier langs tot in Nashville, kies 'n sitplek in die voorste ry in die "Grand Ole Opry"—en selfs dan sal u lank moet wag om jodelsang te hoor wat vergelyk kan word met die op hierdie plaat. Dis dan ook nie te verwonder dat Santa deur Charles Jacobie beskryf word as die grootste Suid-Afrikaanse musiekvonds nie. Dit is daarom ook te verstane dat sy in al Charles Jacobie se konserte as genooide kunstenares optree.

Met volksmusiek op die kruin van gewildheid in Suid-Afrika en in die Verenigde State, sal u Santa Vorster, met haar fraiinghemp, "cowgirl"—stewels en Stetson-hoed, 'n verfrissende en strelende byvoeging vind tot die lys van nuwelinge en oubekende sterre wat hierdie treffende liedjies uit Amerika in ons Suid-Afrikaanse musiekskat verewig het. Laat die teuels maar slap hang, ontspan en luister na "Die Swerwerskind".
 

SANTA VORSTER
DIE SWERWERSKIND


recorded 1965c
issued 1965c
Unika
Gallo
made in South Africa
UNA 1562
matrix ABC 25310
matrix ABC 25311
33 rpm
first issue
cover printed by Record Pac
source: Flatinternational Archive

TRACK LISTING

 

1.1As die Blou Mann Weer Skyn

(Walker, Sullivan)

1.2Die Swerwer Verlang

(Charles Jacobie)

1.3Somerdag Jodel

(Miller, Britt)

1.4My Moeder

(F. en S. Briel)

1.5Kom Luister na My Storie

(uncredited)

1.6Daars Geen Kos in die Huis

(Kilgore)

2.7Switserse Bergliedjie

(uncredited)

2.8Blou Skadus

(Daniel, Lange)

2.9Langs die Tuinmuur op Ons Plaas

(C. Blignaut)

2.10Moeder U Bede Word Beloon

(C. Blignaut)

2.11Mag Jy Gespaar Bly

(Russel, Pepper, James, Feltz)

2.12In My Hart Sal Ek Jou Altyd Min

(Du Toit)

ARTISTS

 

SANTA VORSTER - vocal

NOTES

 

Listening to this album is one of my "guilty pleasures". There is something haunting about Santa Vorster's youthful delivery when contrasted with the song's, in some cases, sad content. Most notably in the country tune by Wyatt Merle Kilgore: "There's No Food In This House".

I have tried to date the album, based on the ABC matrix numbers. It probably was issued around 1965 or 1966. The ABC matrices were used by both Gallo and GRC and I think the Unika label fell under the Gallo stable, however send me an email if not.